Main Index: Afrikaans

 

1 Johannes 1

[1] [2] [3] [4] [5]

1:1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons o gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe--

1:2 en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is--

1:3 wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan h; en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.

1:4 En ons skrywe hierdie dinge aan julle, sodat julle blydskap volkome kan wees.

1:5 En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.

1:6 As ons s dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

1:8 As ons s dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.

1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

1:10 As ons s dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

 

Created with HTMLCompiler by BibleDatabase